Fees van die ongenooides [Feast of the Uninvited] cover art

Fees van die ongenooides [Feast of the Uninvited]

Preview
LIMITED TIME OFFER

3 months free
Try for £0.00
£8.99/mo thereafter. Renews automatically. Terms apply. Offer ends 31 July 2025 at 23:59 GMT.
Pick 1 audiobook a month from our unmatched collection.
Listen all you want to thousands of included audiobooks, Originals, and podcasts.
Access exclusive sales and deals.
Premium Plus auto-renews for £8.99/mo after 3 months. Cancel monthly.

Fees van die ongenooides [Feast of the Uninvited]

By: PG du Plessis
Narrated by: Anrich Herbst
Try for £0.00

£8.99/mo after 3 months. Offer ends 31 July 2025 23:59 GMT. Cancel monthly.

Buy Now for £16.99

Buy Now for £16.99

Confirm Purchase
Pay using card ending in
By completing your purchase, you agree to Audible's Conditions of Use and authorise Audible to charge your designated card or any other card on file. Please see our Privacy Notice, Cookies Notice and Interest-based Ads Notice.
Cancel

About this listen

Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor ’n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net ’n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei ’n tent soos ’n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeët sien van ’n man wat oor die klawerbord van ’n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van ’n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid.

Jare later buig majoor Philip Brooks in ’n biblioteek oor ’n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het. Hy kyk na ’n foto van ’n vrou met ’n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na ’n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto’s die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

Hierdie roman is sekerlik die uitnemendste toonbeeld van P.G. du Plessis se vertelkuns. Deur elkeen van hierdie onvergeetlike Van Wyks en hul bywoners, die Minters, dra hy ’n eie persoonlike tragedie in by die wyer ellende van die oorlog, en so word die oorloggegewe ’n vervlegting van uiters intense menslike dramas, onvergeetlike taferele van vergeefse liefde, verydelde drome en die verbryseling van menslikheid. Sentraal is die verhaal van Daantjie en Magrieta van Wyk, hy ’n Blinkstefaans en sy die allerpragtigste vrou. Hulle twee oorleef die oorlog, maar dan as draers en verteenwoordigers van die uiterstes in die menslike aard wat deur die oorlog op die spits gedryf is. Ook die Engelse offissier Philip Brooks oorleef die oorlog, en in sy bewussyn kry hierdie droewe geskiedenis ‘n nuwe relevansie.

Du Plessis se roman is weliswaar een van die heel grootste werke oor die Boereoorlog, maar dit is ook ‘n werk wat in ‘n hedendaagse idioom vrae vra oor hoe ons onthou, wat ons onthou en wat die implikasies is van vergeet. En stellig die klinkklaarste antwoord op hierdie vrae is die feit dat sy boek ‘n onvergeetbare leeservaring is.

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©2019 PG du Plessis (P)2019 Tafelberg
Genre Fiction Historical Fiction Literary Fiction War & Military

Listeners also enjoyed...

Kringe in 'n bos [Circles in a Forest] cover art
Fiela se kind [Fiela's Child] cover art
Na 'n plaas in Afrika (To Farm in Africa) cover art
Ver Wink die Suiderkruis [Far Wink the Southern Cross] cover art
Merk [Brand] cover art
Kyk na my [Look at Me] cover art
Kamphoer (Afrikaans Edition) cover art
Tussen Stasies [Between Stations] cover art
'n Ander land [Another Country] cover art
Droomdelwers [Dream Diggers] cover art
Stella se dogters [Stella's Daughters] cover art
Dis ek, Anna cover art
Eindspel [End Game] cover art
Skoenlapper cover art
Toorberg [Ancestral Voices] cover art
Skarlaken [Scarlet] cover art
All stars
Most relevant  
loved every word, gripping, sad, moving. I will search out more from this author. die ongenooides is going in my favourite books of all time list

Outstanding

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Dis n onvergeetlike boek. Hartverskeurend.baie goed voorgelees. PG du Plessis is so merkwaardige skrywer. Die kompleksiteit en verrykende gevolge van oorlog in alle betrokkenes se lewens.

uitstekende verhaal

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

P.G du Plessis is 'n skrywer van formaat, maar hiérdie boek styg uit bo alle boeke. Hierdie was sy meesterstuk. Hierdie boek het nie verniet 'n ATKV prys losgeslaan nie. Hy bly jou nog lank by en woel nog vir dae in jou gemoed. P.G het hiermee 'n nuwe stuk kultuur in ons volk en geskiedenis ingeskryf. Elke Suid-Afrikaner moet hierdie boek lees.

PG se meesterstuk

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Hierdie boek het my 100 % na 'n ander tyd weggevoer. Dis werklik aan te bevele.

Uitstekend!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Wat 'n aangename verrassing, só hoë kwaliteit produksie in my eie taal, en Anrich Herbst is eenvoudig puik. Meer hiervan asb!
Die storie self is een wat vir lank by mens gaan bly, vir lank dink oor die karakter en kultuur van die Afrikaner wat uit soveel teenstryd en opstanding gebore is. Dankie vir hierdie produksie!

Eenvoudig puik!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.